Geskryf deur Nana, opgedra aan haar kleindogter, Riley
‘n Vreugdevolle viering op
‘n warm Lente-oggend met
helder blou lug en sonskyn.
Familielede en vriende
kom van heinde en verre
met vol geskenksakke.
Vrolik, kleurvol en oulik.
Piepklein kleertjies met
fraai frilletjies en valletjies.
Weggooidoeke, handdoeke,
spoegdoeke, snotsuigers,
waslappies, natlappies,
borslappies en bottels.
Openbare aankondiging
van die aankoms van ‘n
kosbare, klein dogtertjie.
Steeds veilig verberg
vir nog sewe weke lank,
diep binne-in die skuilplek
van haar mamma se lyf.
Omgeeharte loop oor met
geloof, hoop en liefde.
Dankbetuiging in die mooi
bederfgeskenkies van die
opgewonde gasvrou, ook
die baie trotse nuwe ouma.
Almal vier twee vroue—
Chanré, lankal geliefd,
die sprankelende mamma
en haar ongebore dogtertjie
Riley, alreeds geliefd.





0 Comments