My nederige huldeblyk aan Piet Smit, kosbare mede-gelowige en vriend.
.
…SOU EK SO GRAAG VAN ONS HEER WOU VERSOEK OM JOU MENS-OË IN TE STEL OP DIE BEELD VAN SY EIE HARTSGOLFLENGTE SODAT JY VIR NET ‘N KORT, KLEIN RUKKIE KAN WAARNEEM HOE INGRYPEND JOU SANGBEDIENING MENIGTE MENSEHARTE AANRAAK.
Maar indien Hy sou verkies om dit nie aan hierdie stukkende kant van die ewigheid presies so te doen nie, weet ek dat Hy graag wil hê dat ek my mensehart, in dankbaarheid, met jou deel.
.
Liewe Piet, so BAIE DANKIE dat jy my hart en siel al vir die afgelope 33 jaar bedien met jou kosbare musiek. Die oorgawe waarmee jy jou onwrikbare toewyding aan ons Here Jesus se roeping op jou lewe uitleef, is merkwaardig en ek kan jou verseker dat dit nie my fyn waarneming ontglip nie. Die diepte van die woorde wat jy sing, oorweldig my en dit resoneer so harmonieus met die diepte van die groei in my eie geloofslewensreis. Op die maat van jou musiek, deel ek graag ‘n uittreksel daarvan met jou.
Ek het hierdie foto gekies omdat dit geneem is tydens ons laaste saamkuier in Oktober 2017. Sonder dat ek dit toe geweet het, het dit juis ‘n besondere seisoen in my geloofslewe afgeskop. Dit was die begin van ‘n tyd waar ek die seerste seer en ook die mooiste mooi in my lewe ervaar het. Ek het die titel gekies ooreenstemmend met een van jou liedjies, want hoewel ek hier verklaar hoe ingrypend jou bediening my mensehart aanraak, sou ek so graag wou veroorsaak dat jy ook weet hoeveel ander menseharte dit ook aanraak, AS EK NET KON…
.
Laat my toe om te begin by die mees onlangse deel. Nie lank gelede nie, het ek in dieselfde week, uit die bloute, twee boodskappe ontvang van twee mense met wie ek baie jare laas kontak gehad het. Beide van hulle het destyds my en Assie se troue bygewoon waartydens jy ons met jou sang bedien het. Beide het vir my die YouTube skakel na WAY ABOVE THE SKY gestuur met ongeveer dieselfde boodskap wat gelui het dat hulle steeds onthou hoe aangrypend jou sang daardie dag was. Ek moet bieg, ek het nooit die YT video gaan kyk nie, maar ek het dadelik die liedjie opgespoor op AppleMusic en bygevoeg op my gunsteling skryfplaylist. Daardie liedjie bedien my op ‘n vlak waarvoor ek nie eers beskrywingswoorde het nie en ek is bereid om te verklaar dat ek dit oor en oor speel omdat ek nie genoeg daarvan kan kry nie, al laat dit my dalk effe versteurd klink. Dit verkwik my siel en vertroos my hart en as dit inderdaad ‘n aanduiding van versteurdheid is, dan is ek heeltemal okay daarmee om versteurd te wees.
In 1992 het jou musiek my vir die eerste keer bedien en dit het my so aangegryp dat ek jou gebel en gevra het of jy my en Assie se troudiens in Januarie 1993 in Secunda sou kon waarneem met jou sang. Jy het ingestem en ons het jou in Pretoria, by jou huis, gaan ontmoet om die praktiese gedeelte van ons mooiste dag te bespreek. Ek moes vyf liedjies uit my 12 favourites kies. Dit was eintlik te moeilik en hoewel ek nie nou kan onthou presies watter liedjies uiteindelik die cut gemaak het nie, kan ek onthou dat SEILBOOT beslis gefeature het. Aanvanklik was jou musiekalbums in my versameling op kasset, daarna op CD’s en toe op iTunes. Vandag is al jou musiek in my versameling deel van my AppleMusic subscription.
So BAIE DANKIE dat AS HY WEER KOM, JESUS KOM WEER TERUG en MEER EN MEER SOOS JESUS keer op keer bygedra het tot ‘n onverklaarbare gevoel van vredevolle rustigheid en vertroostende kalmheid in die opgeklitste hartjies van ons vier aandagafleibare en hiperaktiewe spektrumkindertjies en hulle mommy van wie hulle die alfabet-toestande geërf het. Ek is intussen bevorder van Mom na Nana toe, maar die woorde in hierdie liedjies vertroos steeds die opgeklitsheid in my hart.
So BAIE DANKIE dat jou verklaring HERE HIER’S MY HART my keer op keer herinner daaraan dat, ongeag van hoe gereeld ek misluk daarin om nie aan te jaag aan hierdie stukkende kant van die ewigheid nie, ek berouvol tot ons Heer kan nader en my lewe opnuut in Sy hande plaas.
So BAIE DANKIE dat jy my so gereeld oproep tot lofprysing en aanbidding van GOD VAN DIE SKEPPING Wie se SKEPPINGSWOORD alles in die heelal tot stand gebring het en van Jesus, die SEUN VAN GOD, DIE HERE wat LEEF en Wie OPGESTAAN het om my vry te koop van sonde en dood om my met God te versoen.
The reminder of Jesus, the GENTLE HEALER, Who not only healed people from their diseases but also cleansed them from their sin, was a message which has always brought great comfort to my troubled soul. That was until my beloved daughter-in-love was diagnosed with inoperable brain cancer and her condition only got progressively worse until she passed away. At a stage during the pain and suffering, it felt as if we arrived in the town where the GENTLE HEALER ministered, but that He had already departed from there. We were too late, we had missed Him…. With time, I realised that at that moment when her earthly tent dwelling had been taken down, she was indeed reunited with the GENTLE HEALER forevermore and His healing of her was complete. Truth be told, while still on this broken side of eternity, there is one ultra high definition memory which will likely never fade. It is of my precious three year old grandson upon coming home from school on the day his mommy passed away. I can still see the confused indignation on his little face and his little arms in the air demanding an explanation. I can still hear his question AND WHERE IS MY BEAUTIFUL MOMMY? I can still remember his insistence that Jesus bring her back. I can still remember all the pain. Today, my precious grandson is seven years old, the two of us still speak about his mommy, about Jesus, the GENTLE HEALER, and about Him being the Way, Truth and Life. He chooses to also follow Jesus and we journey together.
Op hierdie KRUISPAD van rousmart en geloofsuitdagings kon ek inderdaad nie ons Heer se reisplan verstaan nie en het ek verdwaal. In die onvoorwaardelike liefde van dierbare mense in ‘n nuwe geloofsfamilie het ek weer Sy rigtingwyserwoorde deur my pyn gehoor en besef dat Hy ons nooit verlaat het nie. Ek het besef dat die deernis in die oë van HIERDIE KONING van my dan eintlik die liefde van die Heilige Gees is en dat watookal Hy verkies om gesond en/of heel te maak of selfs nie aan hierdie stukkende kant van die ewigheid, beslis aan die volmaakte kant van die ewigheid volmaak gesond en heel sal wees. My geloofsuitdagings het geloofsverdieping geword. Dood het wel letsels agtergelaat – die stukkendseer van geliefdes wat steeds verdwaal op hulle geloofspad, maar met die toegewyde volharding in onvoorwaardelike liefde van dieselfde dierbare medegelowiges in my geloofsfamilie, kan ek HOOR hoe JESUS steeds onophoudelik KLOP aan die deure van my geliefdes se harte en ek vertrou Hom vir rigtingwyserwoorde in hulle pyn ook.
Die SPLINTERRUIT in my oë weerkaats nou die werklikheid van my eie sterflikheid asook die van my geliefdes. Dood het onwetend en ongenooid deel van my binne- en buitewêreld geword. My aardse lewe is tot eer van Jesus en wanneer my eie tentwoning afgebreek word, dan wen ek ‘n volmaakte lewe saam met Hom vir altyd en ewig. Selfs in die donker van stukkend waar die berge styl en ongenaakbaar is, is Sy lig altyd in my sig. Ek het geleer dat ek soveel dieper kyk en voel as wat ek ooit sal kan beskryf en dat mense se stukkend en seer my splagchnizomai (Griekse woord wat beteken om soveel meegevoel te hê dat dit jou derms knoop), ‘n woord wat ‘n kosbare vriend-en-dominee my geleer het.
Nie te lank nadat ons mekaar laas gesien het, het ons ook vertroud geraak met die ongenaakbaarheid van die sakewêreld se swaarkry-meule en dit het ons genadeloos gemaal tot fyn meel. Almagtige God, ons HEMELBOER, is ook El Roi, die God wat ons altyd raaksien, in bitter en in soet tye. As sake-boer was dit tog so seer om die koring en kaf te skei net om te uit te vind dat daar eintlik net kaf oor is. Die onuitspreeklike stukkend het ons ook by ‘n kerk-KRUISPAD gebring, maar genadiglik het ons nie hier verdwaal nie. Die Here Jesus se rigtingwyserwoorde het ons reguit na ‘n geloofsfamilie gelei waar ek vir die heel eerste keer volwaardige belonging vind. Saam met toegewyde mede-gelowiges wat kosbare mede-reisigers op my lewensreis geword het, het ek herontdek dat ons Heer vir my die gawe gegee het om te skryf en dit het een van my grootste begeertes geword om Hom te behaag daarmee. Ek wil so graag hê dat Hy my woorde gebruik om seer en stukkende mense aan te raak sodat hulle ook ‘n gesondwordpad saam met Hom kan stap.
Die eenvoud van Sipho Jabula Mafeke, die PENNIEWHISSELSPELER, se onwrikbare geloof wat voortgespruit het vanuit die Bybelinhoud wat sy ouma vir hom voorgelees het, gryp steeds my hart aan. Ek vermoed dat dit ten minste gedeeltelik bygedra het tot die inspirasie wat gelei het tot die skepping van Paballo Moses Mkhize, ‘n karakter in een van my onlangse kortverhale. Die geloofspad is nie maklik nie, maar dit is eenvoudig. Jesus het nie belowe dat ons swaarkry, seer en stukkend gaan vryspring nie, maar Hy het belowe dat Hy ons nooit alleen sal los aan hierdie stukkende kant van die ewigheid nie. Ek glo Hom, net soos Sipho en Paballo. Met ‘n HERLEWINGSLIED in my hart wil ek Hom graag volg vir die res van my lewe. Mag Hy toenemend my middeljarige oë die vermoë gee om DIE GERINGSTES deur Sy oë raak te sien, want dit was dan juis hierdie randfigure vir wie ons Here Jesus, in Sy bediening op aarde, so ‘n spesiale sagte plekkie gehad het.
.
Ek het nog altyd die woorde in jou liedjies geglo, maar nou voel en leef ek dit ook! So BAIE DANKIE dat jy dit ook eers moes voel en leef voordat jy dit geglo en gesing het! Ek weet nou dat jy al meer as 33 jaar gelede ontdek het wat ek net in die laaste paar jaar ontdek het. Die waarde van ons Here Jesus en Sy Koninkryk is onskatbaar, and even when we are faint, weak and weary and when our will to live is gone, He is the God Who sees us and He will return for you and me from WAY ABOVE THE SKY!
CAN YOU HEAR THE ECHOES? Oh yes, I can…and much more than that, I can see, smell, taste and feel the trauma of that fateful day. A day of unspeakable horror which changed all of history since Creation forever! Gruesome violence in a diabolical crime where the Son of God was tortured, mutilated and murdered in cold blood. He gave up His life and He died, but He conquered death and was resurrected out of death. In doing so, He redeemed every single soul who would accept and believe in Him. He redeemed me, I believe in Him, He is my eternal Hope, I follow Him, and yes, I CAN HEAR THE ECHOES!
Liewe, liewe Piet, hou asseblief aan om ons Here Jesus te aanbid met eerbied en ontsag in die woorde van jou liedjies – hou asseblief aan om te sing?!
.
ABBA VADER, so BAIE DANKIE vir Piet en sy geliefdes en sy kosbare bediening! Verkwik asseblief sy siel en vertroos asseblief sy hart net soos wat hy vir my en miljoene ander doen. Dankie dat ons weer vandag kon saamkuier. In die Naam van ons Here Jesus. Amen.






Liewe Lulu, Wouter en Piet, in die ragfyn netwerk van geloofsgenote wat altyd van die HERE kom, het die Here my lewe en Hennie se lewe ook met dié van Lulu en Wouter verbind. Soos wat dit die geval met Lulu-hulle was, het dood [moord] en so baie dinge wat ons nooit verwag het nie, onwetend en ongenooid deel van ons twee hier se binne- en buitewêreld geword. Hoeveel trane het ook EK al gestort by die aanhoor van jou sang, Piet. Toe Hennie drie jaar lank gereeld as inry-prediker te Springfontein eredienste gaan waarneem het, was ek verantwoordelik vir die vooraf-daarstelling van die digitale begeleiding en die beskikbare video-opnames vir die lofprysing- en sang van die meertalige gemeente. Keer op keer op keer het ek CAN YOU HEAR THE ECHOES vir die voorafsang en ook as die musiek vir die afsluiting van die erediens gekies. Jare later wonder ek of die mense wat destyds die eredienste daar bygewoon het, ook nog daardie bruin openingstoneel en die hamerslae in hulle geheue herberg. As ek nou nog vir die musiek daar verantwoordelik was, sou WAY ABOVE THE SKY deel van die openingsmusiek gewees het. Het Jesaja 40 al ooit so lieflik in sang geklink? DANKIE, dankie, en mag die HERE sowel die sanger as die lied ryklik seën.
Dankie liewe Maretha! My hart is so vol vanmiddag, ons het ‘n kosbare kuiertje saam met Piet en Elmarie geniet en al het ons vir Elmarie vandag vir die eerste keer in die 33 jaar ontmoet, het dit gevoel asof ons mekaar al jare ken. Ek is so bevoorreg om my lewe met soveel wonderlike mense te deel…my woorde is bietjie op vir nou! ❤️
Dankie vir die mooi waarhede wat jy met ons deel.. 🙏
Dankie Rikus!
Lulu, jou huldeblyk aan Piet Smit is ’n diep, roerende en eerlike getuienis van dankbaarheid. Jou woorde weerspieël die innige invloed van Piet se musiek en geloofsgetuienis—’n mooi eer aan ’n sanger wie se lewe en liedere duisende harte geraak het.
Dankie Charles!