Hoe gee ek ‘n stem aan my hart?
Dis tog so broos en blootgestel
Wat sou dit sê as dit kon praat?
HELP, ek voel so stukkend!
Dit VOEL alles, trek dit in soos ‘n spons
Van geliefdes en vreemdes tot seermakers
Wat sou dit sê as dit kon praat?
HELP, dis so seer!
Verlies en kanker en siekte
Dom helpers en slim drenkelinge
Wat sou dit sê as dit kon praat?
HELP, ek kan nie meer nie!
Hart en brein is soos briek en petrol
Jy kan nie albei gelyk trap nie
Wat sou dit sê as dit kon praat?
HELP, dis te vinnig, ek kan nie briek nie!
The Sum of All Fears en Armageddon
Contagion, 2012 en Geostorm intensiteit
Wat sou dit sê as dit kon praat?
HELP, kan iemand die ROOI knop druk?!
Brein is seerbestand en sterk en slim
Ball busting breker-bakleier
Brein is beter as hart
Trap die petrol, brieke is onnodig!
Bugatti-vinnig teen 513km/h
Breinversnelling sonder brieke
Baksteenmuur. Breek.
Breindood. Hartstilstand.
Talent OF gawe, dink OF voel
Dis nie OF nie, dis EN
Talent EN gawe
DINK en VOEL
Seer hartritme wat on-egalig klop
Jesus, resuscitate my asseblief?
Oorverhitte brein wat seize en malfunction
Jesus, omhels my asseblief en hou my kop styf vas?
Jesus, sit asseblief ‘n rukkie by my?
Neem my gesig in Jou hande
Praat saggies met my
Revive en replenish ASSEBLIEF?
Laat my die stories skryf
Wat op Jou hart is
Laat my stories ander bedien
Soos dit Jou behaag
Saam met Jou kan ek dit doen
Klein bietjie VOEL wat Jy VOEL
Terwyl ek na Jou kyk
En oppie water loop
Selfs die bietjie VOEL
Het te swaar geraak en
Ek het gesink
Want my oë was nie op Jou nie
Help my op asseblief?
Hou my vas en moenie laat gaan nie
Ek is jammer
I look to You, I will serve ONLY YOU!






Lulu, hoe dikwels praat ek en jy oor die integriteit, die verantwoordelikheid en die strewe na uitnemendheid in die skryfwerk van Christen-skrywers nie. Ons verteenwoordig Jesus Christus. Ons verkondig Hom. En soos wat Bach, Beethoven en Brahms nie anders kon as om te komponeer nie, so kan jy nie anders as om te skryf nie. Hoe dank ek die HERE vir jou gawe, jou Geesvervulde denke en spesifiek vir die vermoë om derduisende sekulêre geskrifte op literêre gebied in die skadu te stel. HERE, laat Lulu se skrywerk van Krag tot krag gaan. AMEN.
Dankie liewe Maretha! ❤️