WIL JY SAAM WEGKRUIPERTJIE SPEEL?

POSTED BY

Lulu van Aswegen

die speletjie wat ‘n mens net aan die einde van die jaar speel…

 

Ek sal gaan wegkruip

Moenie my kom soek nie

Tel tot by 3 miljoen

Dan sal ek self terugkom

 

Wil jy gaan wegkruip?

Ek sal jou nie gaan soek nie

Ek sal tel tot by 3 miljoen

Dan kan jy self terugkom

 

Kom ons gaan op ons eie wegkruip

Ons gaan mekaar nie soek nie

Ons gaan nie eers aftel nie

Ons gaan wegkruip en weer terugkom

 

Mag jou wegkruipplek

Warm en veilig wees

Lig en sag wees

Eg en vredevol wees

 

Mag jy rus

Mag jy lag

Mag jy droom

Mag jy herlaai

 

Mag jy liefhê en

Liefgehê word

Mag jy hoop bring

En hoop ontvang

 

En as jy eensaam voel

Daar is Een altyd by jou

Rus, lag, droom en

Herlaai by Hom

 

Hy is die Lig

Hy is die Hoop

Hy is Liefde en

Hy ken jou

 

en jy is uitgenooi na Sy verjaardagviering selfs al kruip jy weg, want Hy sien jou altyd raak!

About Author

Lulu van Aswegen

Lulu van Aswegen is a writer, wife, mother, and grandmother from Bloemfontein, South Africa. Inspired by life, faith, and family, she writes reflections and short stories in English as RedeemedPioneer and in Afrikaans as VrygekoopteBaanbreker.

2 Comments

  1. Charles

    Dankie Lulu!

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Related Post