RILEY, ALREEDS GELIEFD

POSTED BY

Lulu van Aswegen

Geskryf deur Nana, opgedra aan haar kleindogter, Riley

 

‘n Vreugdevolle viering op

‘n warm Lente-oggend met

helder blou lug en sonskyn.

Familielede en vriende

kom van heinde en verre

met vol geskenksakke.

Vrolik, kleurvol en oulik.

Piepklein kleertjies met

fraai frilletjies en valletjies.

Weggooidoeke, handdoeke,

spoegdoeke, snotsuigers,

waslappies, natlappies,

borslappies en bottels.

Openbare aankondiging

van die aankoms van ‘n

kosbare, klein dogtertjie.

Steeds veilig verberg

vir nog sewe weke lank,

diep binne-in die skuilplek

van haar mamma se lyf.

Omgeeharte loop oor met

geloof, hoop en liefde.

Dankbetuiging in die mooi

bederfgeskenkies van die

opgewonde gasvrou, ook

die baie trotse nuwe ouma.

Almal vier twee vroue—

Chanré, lankal geliefd,

die sprankelende mamma

en haar ongebore dogtertjie

Riley, alreeds geliefd.

 

About Author

Lulu van Aswegen

Lulu van Aswegen is a writer, wife, mother, and grandmother from Bloemfontein, South Africa. Inspired by life, faith, and family, she writes poems, reflections and short stories in English as RedeemedPioneer and in Afrikaans as VrygekoopteBaanbreker.

1 Comment

  1. Maretha Maartens

    HOE LIEFLIK… Is daar enigiets kosbaarder as ‘n nuwe mensekindjie? Klein Riley is so bevoorreg om in ‘n familie met ‘n kloppende liefdeshart gebore te kan word. Sy gaan weet, sy gaan ervaar: ”Die grootste hiervan is die liefde.” HERE, seën hierdie hele familie en laat u seën op dié klein dogtertjie rus. Om u Naam ontwil, amen.

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Related Post