’n mensweesgedig
Dankie Jack van Aswegen (jaxonnator) vir die lied-weergawe!
Met oorgawe,
het jy alles gegee.
Deursigtig en deugsaam
met deurslaggewende
deursettingsvermoë.
Nie teruggestaan
of toegegee of
tou-opgegooi nie.
Grypgierige gevoelens
van verworpe verlatenheid.
Stilte verbreek om die
stilgemaaktes vry te maak.
Sluier gelig op stukkend.
Diep. Dapper. Dringend.
Blootgestel en beseer.
Jou seer skreeu uit, jou
smeke skeur skeidings.
O, my siel, gee gehoor,
luister mooi na die
Een Wie se roepstem
saggies en teer is.
Mag Sy troos jou
met teerheid
saggies toemaak.





0 Comments