LIG WAT NIE UITGEDOOF KAN WORD NIE

POSTED BY

Lulu van Aswegen
Lulu van Aswegen

Nog ‘n blitskortverhaal in die nuwe Glaskasstories-reeks wat afspeel in die laaste gedeelte van die eerste eeu van die nuwe millennium.

.

 

“Dit voel asof ek een van daardie mooi, fyn modelskepe moet bou terwyl ek oondhandskoene aan het en dis onmoontlik!”

 

Nina staar na die modelskepe in die glasvertoonkas terwyl sy kan voel hoe die groeiende stroom opgeboude trane in haar oogholtes dreig om die ooglid-damwalle te oorspoel. Sy probeer dit nie eers keer nie. Inteendeel, sy laat die sluise oopgaan sodat haar magteloosheidsgelaaide trane onbegrensd kan uitvloei. Haar pa ken haar hart en by hom is sy, as volwasse vrou, steeds net so veilig as wat sy in haar kinderdae was. Net so veilig soos wat haar kinders ook by hulle oupa is. Nina wil vandag Pikkewyntjie wees, haar pa se geliefde bynaam vir haar wat hy steeds soms nog gebruik, maar net wanneer hulle alleen is. En Pikkewyntjie het ‘n behoefte aan ‘n glaskasstorie wat haar mammahart kan vertroos net soos wat dit weekliks al die kleinkinderharte aangryp.

 

Nina se woorde sneller ‘n spesifieke herinnering uit OupaMikey se kinderdae uit en vir ‘n oomblik neem dit hom terug na ‘n hartseer en onstuimige tyd gedurende sy laerskooldae. Sy Engelse ouma, Nanny, het altyd gesê dat ouerbegeleiding tydens hulle kinders se grootwordjare is soos die fynkuns om modelskepe te bou en dat wanneer die kinders neurodiverse uitdagings het, hulle ouers die modelbou moet doen terwyl hulle oondhandskoene dra. Sy het ook altyd gesê dat al die nodige tyd, geduld, liefde, toewyding, bewelose hande, wysheid en kalmte niks beteken as daar nie Lig is nie. Sy het nie verwys na natuurlike of lamplig nie, maar na Jesus, die Lig vir die wêreld. Hy onthou hoe hy sy Nanny eenkeer afgeluister het toe sy gebid het.

 

Oh Lord, please shine Your Light on and in our beloved family. Please give me a steadfast and willing spirit and restore to me the joy of Your salvation to sustain me, because it feels as if I am building a model ship, not with my own hands, but with the hands of a corpse in oven mittens. Amen”.

 

Nanny se gebed het hom bygebly en laterjare toe hy tot die besef gekom het dat die rede waarom hy so veilig by haar gevoel het was omdat die Lig vir die wêreld haar pleitgebede verhoor het, het dit ook sy gebed geword. Sy Nanny het geweet van neurodiversiteit, want sy was self ernstig neurodivers, het 5 neurodiverse kinders grootgemaak en hy was haar eerste neurodiverse kleinkind. Net soos Nina hier voor hom, was sy Nanny nie bang om te huil nie. Hy verlang skielik baie na haar.

 

OupaMikey gaan sit langs Nina op die bank en dan slaan hy sy arms om sy dogter in ‘n teer omhelsing. Selfs in hulle leeftyd hier aan die einde van die nuwe millennium se eerste eeu waar bykans die hele alfabet gebruik word om al die neurodiverse toestande in verskeie letterwoordafkortings te definieer en waar daar ook ‘n indrukwekkende reeks diverse behandelingsmoontlikhede bestaan, val daar steeds kinders deur die krake. Nina se jongste en enigste seun het aan die diepkant van hulle familie se neurodiversgene-swembad geswem en hy is nou ook, soos Nanny sou sê, ‘n alfabetkind. Sover is Nina se twee oudste dogters die enigste kleinkinders wat nie alfabetkinders is nie en Nina voel oorweldig deur die vooruitsig om haar seuntjie se spesiale behoeftes aan te spreek. Met die wegsluk van die laaste trane verskyn daar ‘n helder en hoopvolle glimlag rondom OupaMikey se mond. Hy weet presies watter storie om te vertel en dan trek hy weg daarmee.

 

MY LIEWE PIKKEWYNTJIE, EK KAN SIEN DAT DIT VIR JOU DONKER VOEL. EK HERINNER JOU GRAAG AAN DIE LIG VAN JOU EIE VERLOSSING WAT BINNIE-IN JOU BRAND. KOM EK VERTEL JOU VAN MY NANNY SE LIG WAT MY EN JULLE LIG GEWORD HET EN HOEKOM DIT AL IS WAT ONS NODIG HET, ONGEAG VAN HOE DONKER DIT RONDOM ONS IS.

.

 

“Create in me a pure heart, O God, and renew a steadfast spirit within me. Do not cast me from your presence or take your Holy Spirit from me. Restore to me the joy of Your salvation and grant me a willing spirit, to sustain me.”‭
‭Psalms‬ ‭51‬:‭10‬-‭12‬ ‭NIV

About Author

Lulu van Aswegen

Lulu van Aswegen is a writer, wife, mother, and grandmother from Bloemfontein, South Africa. Inspired by life, faith, and family, she writes reflections and short stories in English as RedeemedPioneer and in Afrikaans as VrygekoopteBaanbreker.

4 Comments

  1. MJ Maartens

    Lulu, twee dinge het my dieper as diep in hierdie verhaal getref. Eerstens: Nanny se gebed: “Oh Lord, please shine Your Light on and in our beloved family. Please give me a steadfast and willing spirit and restore to me the joy of Your salvation to sustain me, because it feels as if I am building a model ship, not with my own hands, but with the hands of a corpse in oven mittens. Amen”. So ‘n vergelyking: om so verstorwe in die delikate proses van kinderlewens bou te voel soos ‘n lyk met oondhandskoene… Dit is onvergeetlik. En tog bou ons as gelowiges voort, ons emosies soms so verstorwe, maar die uitkoms voor God tydloos seker, soos wat jy dit uit jou toekomsbeskrywing laat blyk. Mag talle en talle besoekers aan jou webwerf hierdeur geseën en bemoedig word

    Reply
    • Lulu van Aswegen

      Liewe Maretha, dankie vir jou insiggewende deelname en jou seënbede oor die lesers. Mag ons God Sy Lig skyn oral waar mensmislukkings donkerte in kindertjies se lewens inbring! 🙏🏼

      Reply
  2. Janet Rodriguez

    The prayers of a Nanny! Another beautiful post, Lulu.

    Reply
    • Lulu van Aswegen

      Dear Janet, thank you for your kind words! ❤️

      Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Related Post