DANKIE LIEWE THERESA,

POSTED BY

Lulu van Aswegen

hierdie een is vir jou!

 

Ons het mekaar nog nooit ontmoet nie, maar ons het dieselfde kosbare vriendin.  Toe jy onlangs  op die handgeskrewe nota van jou oorlede ma afgekom en toestemming verleen het dat ek dit ook kon sien, het dit ‘n versameling van gebeure tot gevolg gehad.  Ek het geleer dat jy, Theresa, ‘n besonder dapper vrou met onwrikbare geloof is wie vrou-alleen jou ernstig-gestremde seun grootmaak hier aan die stukkende kant van die ewigheid.  Ek het ook geleer dat jy grootgemaak is deur ‘n ander besonder dapper vrou, Susan Coertzen, ook met onwrikbare geloof, en dat sy reeds haar plek aan die volmaakte kant van die ewigheid ingeneem het.  Beide van julle het my hart en siel aangegryp.  So BAIE DANKIE daarvoor!

Dit was my eer en voorreg om my eersgeborene te kon vra om ‘n liedjie van jou ma se handgeskrewe woorde te maak en hy het dit gedoen.  Ek dra graag hierdie skrywe aan beide van julle op.

 

Dankie vir die liedjie, Daniel van Aswegen.

 

NET BY U

Deur Susan Coertzen

 

Ek glo U is by magte

Ek glo U, U is God

En ek glo U is met my

Selfs ook nou. Hier en nou…

 

Ek glo U is veel groter

as elke berg wat ek moet klim…

Ek glo ook U sal voorsien

In my nood — Ek soek net U

 

Al sou die see opdroog

sal U steeds bly voorsien.

Sou my hart my versaak,

U liefde verlig my pad.

 

Die een ding wat ek weet,

ek weet U’s met my.

U’s my voorsiener.

U’s my voorsiener.

 

Sou U spreek, weet ek luister.

Alleen kan ek niks doen nie.

Daarom kyk ek op na U,

want my hulp vind ek in U,

want my hulp vind ek in U.

 

Al sou die see opdroog

sal U steeds bly voorsien.

Sou my hart my versaak,

U liefde verlig my pad.

 

Die een ding wat ek weet,

ek weet U’s met my.

U’s my voorsiener.

U’s my voorsiener.

 

About Author

Lulu van Aswegen

Lulu van Aswegen is a writer, wife, mother, and grandmother from Bloemfontein, South Africa. Inspired by life, faith, and family, she writes reflections and short stories in English as RedeemedPioneer and in Afrikaans as VrygekoopteBaanbreker.

4 Comments

  1. Maretha Maartens

    My hart sing saam. My siel aanbid saam. My hart weet: hierdie is die triomflied van tienduisende Christenvroue wat God as hulle toevlug het. Liewe Theresa en Lulu, mag hierdie lied duisende harte aanraak en die geurige olie van vertroosting en hoop in Jesus Christus daarop uitgiet.

    Reply
    • Lulu van Aswegen

      Dankie vir jou mooiste woorde, liewe kosbare vriendin van Theresa en Lulu! ❤️

      Reply
  2. Carla Heyns

    Liewe Lulu en Daniel
    Dankie. Hierdie pragtige lied pas perfek by die lieflike en begaafde persoon wat ek geken het.
    Liefdegroete
    Carla

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Related Post