Ek BELEEF vir GOD wanneer ek skryf en ek deel graag vandag se woorde met julle. Meer nog, my geliefde oudste seun, Daniel van Aswegen, het sy eie musiekvernuf met kunsmatige intelligensie saamgespan om ‘n lied van my woorde te maak.
Ek dra graag vandag se skrywe op aan my geliefde Daniel, my gentle giant. Thank you for being by my side on this often lonely journey of writing, even in Afrikaans!
Hy het mensgeword en
Onder ons kom woon
Immanuel, God met ons
Versoeningskind, lank verwag
[Koor]
Jesus is die Seun van God
Sy opdrag, so duidelik
Bekeer, glo en volg Hom
God se Koninkryk is naby
In liefde het Hy bedien
Met ontferming en genade
Die hart van God aan
Mense bekendgemaak
Goeie Herder, Leermeester
Die Weg, Waarheid en Lewe
Lewende Water aan geringstes
Hulle gesondgemaak en opgehef
Met Sy sondelose lewe betaal
Hy ons sondeskuld-losprys
Onverdienstelike geskenk aan
Vrygespreekte skuldiges
Vandag is Hy steeds hier
Ons volmaakte Ewige Hoop
Vol deernis en ontferming
Vir al ons swaarkry en struggles
Draai weg van jou sonde
Kyk na Hom, gee jou lewe oor
Bring al jou seer en stukkend
Hy wil graag met jou ontmoet






0 Comments