BEKEER, GLO EN VOLG

POSTED BY

Lulu van Aswegen

 

Ek BELEEF vir GOD wanneer ek skryf en ek deel graag vandag se woorde met julle.  Meer nog, my geliefde oudste seun, Daniel van Aswegen, het sy eie musiekvernuf met kunsmatige intelligensie saamgespan om ‘n lied van my woorde te maak.

Ek dra graag vandag se skrywe op aan my geliefde Daniel, my gentle giant.  Thank you for being by my side on this often lonely journey of writing, even in Afrikaans!

 

Hy het mensgeword en

Onder ons kom woon

Immanuel, God met ons

Versoeningskind, lank verwag

 

[Koor]

Jesus is die Seun van God

Sy opdrag, so duidelik

Bekeer, glo en volg Hom

God se Koninkryk is naby

 

In liefde het Hy bedien

Met ontferming en genade

Die hart van God aan

Mense bekendgemaak

 

Goeie Herder, Leermeester

Die Weg, Waarheid en Lewe

Lewende Water aan geringstes

Hulle gesondgemaak en opgehef

 

Met Sy sondelose lewe betaal

Hy ons sondeskuld-losprys

Onverdienstelike geskenk aan

Vrygespreekte skuldiges

 

Vandag is Hy steeds hier

Ons volmaakte Ewige Hoop

Vol deernis en ontferming

Vir al ons swaarkry en struggles

 

Draai weg van jou sonde

Kyk na Hom, gee jou lewe oor

Bring al jou seer en stukkend

Hy wil graag met jou ontmoet

About Author

Lulu van Aswegen

Lulu van Aswegen is a writer, wife, mother, and grandmother from Bloemfontein, South Africa. Inspired by life, faith, and family, she writes reflections and short stories in English as RedeemedPioneer and in Afrikaans as VrygekoopteBaanbreker.

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Related Post