MOEILIKHEID

POSTED BY

Lulu van Aswegen

Priemgetalgediggie

 

Jy kan dit soek of maak en

jy kan dit vind of daarin beland.

 

Nog voor jy loop of praat, ontmoet jy dit.

Dis so vrek selfsugtig en onverdraagsaam,

elke boelie en elke grootbek se middelnaam.

 

Dit storm ons lewens binne, soms

so ongevraagd en ongenooid.

Wetgewing kan dit veroorsaak,

maar kan dit nie vernietig nie.

Almal kry dit en niemand spring dit vry nie.

 

Dis kwylende kernkragknoppie-beneukte

magshonger wêreldleiers se sterkste

woeker-element en terwyl hulle spog oor

die onvernietigbaarheid van hulle vermoëns

om dit wild en wakker rond te slinger, blyk

hulle effe domastrant en doofstom te staan

voor die verganklikheidswerklikheid daarvan.

 

Magshonger moeilikheidsmakers

moor, manipuleer en minag massas mense.

Jesus-volgelinge hou moed,

hulle oë gerig op Hom

Wie hulle nie kan sien nie,

die ewige Heerser van die heelal.

Hulle oë is nie gerig op die

moeilikheid wat hulle kan sien nie,

want sien, die moeilikheid met moeilikheid is net dit—

moeilikheid het ‘n vervaldatum,

Jesus het klaar sy tjank afgetrap!

 

“‘Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.’”  —JOHANNES‬ ‭16‬:‭33‬ ‭AFR83‬‬

 

About Author

Lulu van Aswegen

Lulu van Aswegen is a writer, wife, mother, and grandmother from Bloemfontein, South Africa. Inspired by life, faith, and family, she writes reflections and short stories in English as RedeemedPioneer and in Afrikaans as VrygekoopteBaanbreker.

2 Comments

  1. Charnetta

    Amen !!!!

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Related Post