Lank gelede was daar ‘n Sasol petroladvertensie op die televisie waar ‘n vaal Volksie Sasol petrol ingooi en dan, met ‘n vol tenk, wegry as ‘n rooiwarm Porsche. Ek onthou ook ‘n toneel in een van Leon Schuster se flieks waar een van die karakters ‘n knoppie druk op die afstandbeheer gekoppel aan sy kar se alarmstelsel wat toe sy merkwaardig-mooi kar laat lyk het soos ‘n onmerkwaardige skedonk.
My liefste Assie, my babe, my handsome hunky husband, my sielsgenoot, my heel beste maatjie, baie geluk met jou 54e verjaardag vandag! Die diepte van die verbintenis wat ek en jy deel en die werklike waardering wat ek vir jou het, kan nie op hierdie platform gepost word nie. Nie vir die ouderdomsbeperking nie, maar vir die vertroulikheid daarvan en net jy het security clearance daarvoor.
Nêrens in hierdie wêreld waar ons al gereis het of nog gaan reis of nooit gaan reis, is daar iemand wat jou skoene kan volstaan nie! You and I have been to hell and back together en sonder jou, sou ek dit nie kon doen nie! Daar is NIKS wat jy nie kan doen nie en jy sal jou lewe aflê vir my en ons AssieTribe. Al ons reeds volwasse kinders erken steeds jou ongeëwenaarde wysheid en jy is al ons kleinkinders se absolute favourite grandparent. Ons nageslag is bevoorreg om aan die ontvangkant te wees van die amazing legacy wat jy met bloed, sweet en trane (meestal myne) bou. Daar is nie ‘n enkele man wie ek ken wie so, ongesiens en onvermaaklik, ‘n heilige commitment gemaak het om slegs water te drink, dit reeds 15 jaar lank doen en sal voortgaan totdat hy ‘n allesomvattende jubeljaar (jubilee) gegun word nie.
Ek en jy weet dat die grootste hoeveelheid mense daarbuite jou beskou as ‘n onmerkwaardige, onindrukwekkende vaal Volksie en vir ‘n baie lang tyd het dit my óf woedend óf hartseer gemaak. Want sien, jy is die merkwaardigste, indrukwekkendste ultimate limited edition priceless Porsche waarvan daar slegs een op die planeet is en ooit sal wees! Jy ken jou waarde en jou identiteit in die Heer is stewig gevestig en dan, every so often, druk jy daai knoppie op jou wysheidsafstandbeheer om die kosbaarheid van die werklikheid weg te steek vir kwaadwillige en begriplose oë. Al wat hulle dan kan sien, is ‘n vaal Volksie skedonk.
Jy is wys, jy is awesome en jy is die single-most kosbaarste mens in my lewe! Ek is liewer vir jou as wat ek ooit kan hoop om in woorde uit te druk! Cheers op die volgende 54 jaar!






Liewe Lulu en Wouter, hierdie is in die openbaar, voor die oë van enigeen wat hier kom lees. Niemand sal dit ooit waag om so ‘n innige, gloeiende getuienis van die karakter en die siel van ‘n huweliksmaat te skryf indien daar ‘n enkele krakie in die ruit waardeur die skrywer kyk, sou wees nie. Dit is ‘n ode uit die hart uit, een waarin prosa sommer vanself poësie word. As jy ‘n vrou was, Wouter, het jy op hierdie wyse ‘n ruiker in die fleur van jou lewe ontvang, nie ‘n krans teen marmer of graniet nie. Maar nou is daar in die plek van die ruiker net helder, suiwer lig… en terwyl ons ook daarin baai, dank ons die HERE saam met Lulu vir jou menswees. Dankie, Lulu! En dankie, Wouter, vir jou vriendskap en awesomeness! Hennie en Maretha.
Dankie liewe Maretha.