HARTSHULDEBLYK UIT DANKBAARHEID

POSTED BY

Lulu van Aswegen

in die enkelstem van ‘n hele Tribe aan hulle beskeie TribeMaster-held

 

Liewe leser, neem asseblief kennis daarvan dat die waterdrinkbelofte waarna in die gedig verwys word, eintlik ‘n besonder-diep persoonlike gelofte aan die Heer is.  Dis ‘n merkwaardige gebaar van uitstaande onselfsugtigheid en nie vanuit ‘n gedragsveranderende verslawingsherstel nie.  Let ook op hoeveel pizzas dit neem om hierdie Tribe te versadig vir ‘n enkele ete. 😎

 

 

Hoe op aarde het ons jou verdien?

Ons sê dankie met hierdie liedjie

Met al ons liefde van jou hele Tribe

 

Jou lewe is uitverkoop aan ons Here Jesus

Jou kosbare menswees getuig daarvan

Jou waterdrinkbelofte is vandag 18 jaar oud

Ons vier saam met jou en ons vier jou!

 

Jy is een van ons se Liefie

Jy is nege van ons se Dad

Jy is amper ses van ons se Oupa en

Jy is almal van ons se TribeMaster

 

Jou lewe is uitverkoop aan ons Here Jesus

Jou kosbare menswees getuig daarvan

Jou waterdrinkbelofte is vandag 18 jaar oud

Ons vier saam met jou en ons vier jou!

 

Jy is slim en sterk en snaaks

Jy is vaardig en veerkragtig en veelsydig

Jy is toegewyd en teenwoordig en jy kan toor

Jy is gelowig en gaaf en goedhartig

 

Jy weet hoe om te lei, te leer en lief te hê

Jy weet hoe om te volg, te vergewe en te volhard

Jy weerspieël en wys die weg aan na Jesus

Jy weet wie jy is en jy weet waar jy moet wees

 

Jou lewe is uitverkoop aan ons Here Jesus

Jou kosbare menswees getuig daarvan

Jou waterdrinkbelofte is vandag 18 jaar oud

Ons vier saam met jou en ons vier jou!

 

About Author

Lulu van Aswegen

Lulu van Aswegen is a writer, wife, mother, and grandmother from Bloemfontein, South Africa. Inspired by life, faith, and family, she writes reflections and short stories in English as RedeemedPioneer and in Afrikaans as VrygekoopteBaanbreker.

2 Comments

  1. Maretha Maartens

    Lulu, Wouter, met trane in die oë en diep in die siel, ontvang ons op hierdie Saterdagoggend die seën van so ‘n waarderingsgedig aan ‘n huweliksmaat, ‘n lewensmetgesel, ‘n oupa in julle familie en ‘n vriend vir ons. Die mooiste hiervan is dat ons jou drinkwaterbelofteman so goed soos ‘n familielid ken. Dat hierdie foto soos hy is, dat hy IS wat jy in die huldeblyk aan hom skryf. Dalk moet ons op hierdie Saterdagoggend net vir die HERE dankie sê vir die voorbeeld van ware, deurleefde en geleefde Christenskap wat Wouter vir ons is. En vir die voorbeeld van intense waardering vir ander, vir diepe omgee, vir matelose liefde wat JY vir ons is. Julle twee verdien mekaar. Mag die HERE julle nog dekades lank vir mekaar en in sy Koninkryk op aarde spaar. Dankie!

    Reply
    • Lulu van Aswegen

      Liewe Maretha, baie dankie vir jou mooiste waarderingswoorde! Dankie dat jy en Hennie in ons lewe deel en dat ons ook in julle s’n mag deel. Dankie, Here Jesus, vir kosbare geliefdes in die lewe aan hierdie stukkende kant van die ewigheid. ❤️

      Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Related Post