EENVOUDIG

POSTED BY

Lulu van Aswegen

‘n Afrikaanse Shakespearean sonnet

 

Met ‘n vuil, gevlekte voorskoot aan

bedien Hy die seer en stukkendes.

Sonder kroon en sonder waan.

Sonder bulderende bevele, nes Hy is.

 

Met verstaanbare eenvoudigheid

hef Hy die geringstes op en skuif Hy

die ingewikkelde aanstellerigheid

van die verwaandes heeltemal opsy.

 

Met Sy eie voete plat op die stowwerige

grond, buk Hy af om vuil voete te was.

Hy gluur nie na benede om die bewerige

vuilvoetiges te berispe nie, hulle is geen las.

 

Om Hom te volg, is om soos Hy te doen

en te lewe soos iemand met God versoen.

 

Luister gerus na die liedjie-weergawe van die gedig hier 👇🏼

 

Dankie aan my eersgeborene, Daniel van Aswegen, vir die liedjie.

 

About Author

Lulu van Aswegen

Lulu van Aswegen is a writer, wife, mother, and grandmother from Bloemfontein, South Africa. Inspired by life, faith, and family, she writes reflections and short stories in English as RedeemedPioneer and in Afrikaans as VrygekoopteBaanbreker.

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Related Post