VrygekoopteBaanbreker
Ek is Lulu van Aswegen—’n vrou, moeder, ouma en skrywer van Bloemfontein. Lewe, geloof en familie inspireer die oordenkings en kortverhale wat ek hier deel. Ek skryf in Engels as RedeemedPioneer en in Afrikaans as VrygekoopteBaanbreker.
Verken, geniet, en deel gerus jou gedagtes—ek is opreg bly om jou hier te hê!
VrygekoopteBaanbreker
ONVOORWAARDELIKE LIEFDE DEUR ONBESKRYFLIKE LYDING
Ek het verlede jaar gedurende lydenstyd geskryf oor ‘n spesifieke navorsingsreis wat ek onderneem het om self ‘n dieper begrip te probeer verkry van Jesus se lyding en kruisdood.
DIE TRAUMA VAN MENSWAARDIGHEIDSSLAGTING IN DIE OPERASIETEATER
Almal wat al enige operasie of prosedure ondergaan het, weet dat ‘n operasieteater ‘n koue, kliniese en kiemvrye plek is.
HOOR DIE HARTKLOP VAN HIERWEES
Hier in Pellissier Gemeente is ons tans in die tweede week (van vier) van ons gemeente-tema getiteld HIER IS EK.
MY PLEK IS GEDEK
Die titel van Charles James se Sondagoggendpreek op 28 Januarie 2024 was ONTDEK JOU PLEK.
SMILE VIR CARLI
Skildery deur Scharon Campbell.
ONS TOEGEWYDE TRIBEMASTER, MY PRICELESS PORSCHE
Lank gelede was daar ‘n Sasol petroladvertensie op die televisie waar ‘n vaal Volksie Sasol petrol ingooi en dan, met ‘n vol tenk, wegry as ‘n rooiwarm Porsche.
TYDELIKE TENTWONINGS EN WONDERWERKE
Sy is loshande die vriendelikste babadogtertjie en sy kraai sy van genot terwyl sy smul aan ‘n piesang. Piesangs is net die lekkerste lekker en wat kan dan beter wees as een in elke hand?!
SWAKHEID OF SEËN?
Eina! Vrek! Ek kan dit VOEL! Lilo se vriendin, Kristen, het haar enkel geswik toe sy ‘n lastige aap uit die tuin uit wou wegjaag.
PIESANG OF WYN?
Op Vrydag 27 Oktober 2023 dui die lesing op my kar se termometer aan dat dit ‘n snikhete 37C buite is.
IEWERS TUSSEN TJOMMEL EN DIE TROFEE
“Aggenee vrek, my senuwees sal dit mos nooit hou met die getjommel nie!”
(BE)ROEP(ING)
‘n Timothy Johnson geïnspireerde kortverhaal
LEGOBLOKKIEHUISIE
Alanah gebruik ‘n wet wipe om Riley se gesiggie skoon te maak nadat ousus Amelia haar draairoomys met haar babasussie gedeel het.
KENNIS EN WYSHEID
Daar is ‘n gesegde wat lui: “Kennis is om te weet dat tamaties vrugte is, maar wysheid is om te weet dat dit nie in ‘n vrugteslaai hoort nie.”
DIE STUKKEND VAN ‘N GEBREEKTE POT
‘n Timothy Johnson geïnspireerde kortverhaal
BREEK EN/OF STUKKEND?
Wanneer die seël van ‘n melkbottel of ‘n babakosbotteltjie geBREEK word, beteken dit noodwendig dat die bottels STUKKEND is?
PERSPEKTIEF
In die verte is net die buitelyne van ‘n jong vrou sigbaar in die skemerlig. Vanuit die ritmiese rukke van haar tenger lyf, blyk dit dat sy huil.
LIEFDE – DIE EEN TAAL WAT ALMAL VERSTAAN
‘n Timothy Johnson geïnspireerde kortverhaal
MEER AS GOED GENOEG
Moet ek regtig altyd DUNNER, SLIMMER, MOOIER & BETER wees? Hoekom kan ek nie net MYSELF wees nie?

















